Thelonious Monk | |
---|---|
Monk by Minton's Playhouse, New York, 1947 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Thelonious Sphere Monk |
Gebore | Rocky Mount, Noord-Carolina, V.S.A. | 10 Oktober 1917
Sterf | 17 Februarie 1982 (op 64) Englewood, New Jersey, V.S.A. |
Genres | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Beroep(e) | Musikant, komponis |
Instrumente | Klavier |
Jare aktief | 1940's–1973[1] |
Etikette | Blue Note Records, Prestige Records, Riverside Records, Columbia Records |
Assosiasies | Milt Jackson, Miles Davis, Sonny Rollins, Oscar Pettiford, John Coltrane, Art Blakey |
Webwerf | theloniousmonkmusic.com |
Thelonious Sphere Monk[2] (/θəˈloʊniəs/, 10 Oktober 1917[3] - 17 Februarie 1982) was 'n Amerikaanse jazzpianis en -komponis. Hy het oor 'n unieke improvisatoriese styl beskik en verskeie werke bygedra tot die standaard repertorium van jazz, insluitende Round Midnight, Blue Monk, Straight, No Chaser, Ruby, My Dear, In Walked Bud, en Well, You Needn't. Na die werke van Duke Ellington is Monk se werke die tweede mees opgeneem.[4]
Monk se komposisies en improvisasie bevat dissonansie en hoekige melodiese draaie en sluit aan by sy onortodokse benadering tot die klavier, wat perkussie gekombineer het met 'n abrupte, dramatiese gebruik van stiltes. Hierdie styl is nie algemeen bewonder nie; die digter en jazz kritikus Philip Larkin het neerhalend na hom verwys as "the elephant on the keyboard" .[5]
Monk was bekend om sy kenmerkende kleredrag, wat pakke, hoede en 'n donkerbril ingesluit het. Hy was ook bekend vir 'n idiosinkratiese gewoonte tydens opvoerings: terwyl ander musici voortgegaan het om te speel sou Monk stop, opstaan, en vir 'n paar oomblikke dans, voordat hy sou terugkeer na die klavier.
Monk is een van vyf jazzmusikante wat op die voorblad van die tydskrif Time gepryk het (die ander was Louis Armstrong, Dave Brubeck, Duke Ellington en Wynton Marsalis).[6][7]